‘Hemel-op-Aarde’ in Winter; Durban

Posted by
|

Durban is ‘hemel-op-aarde’ om die son te geniet gedurende die baie koue winter maande. Durban het ‘n warm sub-tropiese klimaat die hele jaar lank.

Durban bring ‘n warm gloed tot alle besoekers se harte.

Vir natuur liefhebbers is daar baie om te sien en te wardeer. Daar is ‘n asemrowende verkeidenheid van natuur.

Durban het sterk historiese tradisies, maar bied ‘n gemaklike en vriendelike lewenstyl aan.

Durban is ryk aan kultuur.

Mahatma Ghandi, die wereld bekende Indiese leier, het sy politiese loopbaan in Durban begin.

Nelson Mandela was gearresteer in Howick in die jaar van 1962.

Die wereld se oudste en grootste padwedloop, die Comrades Marathon, vind jaarliks hier plaas.

Durban is ‘n elegante en volwasse stad.

 

Branderplankry en Walvisse

Die branderplankry in Durban is van die beste in Suid-Afrika.

Die walvis seisoen vir 2015 is nou op volle dreef met die ‘Humpbacks’ wat nou noord na Mozambique toe trek, weg van die koue Suidpool. Al die nuwe mammas met hulle kalfies trek terug suid gedurende Augustus. September en October.  Hulle trek baie stadig aangesien die kalfies pasgebore is.

Walvisse kan uitgeken word deur hulle geblaas. Die ‘Humpbacks’ blaas 3 metres hoog in die vorm van ‘n peer. Die ‘Southern Rights’ blaas ‘n meter hoog in die vorm van ‘n V.

Die Aliwal vlak en sandbank is ‘n gesogte ervaring vir duikers.

 

Ushaka Marine world

Durban is ook baie vooruitstrewend.

Durban is ‘n baie besige hawe met houervrag. Dit is die negende grootse hawe in die hele wereld. Usaka is die grootste akwarium in Afrika en die vyfde grootse in die hele wereld.

Die grootste winkelkompleks in die suidelike halfrond is te vinde in Durban. Die ‘Gateway Theatre of Shopping’.

Volgens die Guinness Book of Records, is die grootste Bungee swaai in die Moses Mabhida stadium.

Eie aan Durban en egte Durban is die riksjas. ‘n Onvergeetlike Durban tradisie en nog steeds in praktyd na ‘n 100 jaar.

 

About School Union Press

School Union Press is a community based news hub that keeps parents in touch with the everyday happenings and activities at their children’s schools

Follow: Twitter | Facebook Copyright © 2015 School union Press – SUP. All rights reserved.