Mosselbaai – ‘n Hawedorp van baie eerste gebeure

Posted by
|

Mosselbaai is die plek van eerste dinge.

Die eerste skeepvaders van Europa af het hier aan land gestap.  Bartolomeu Dias met sy skepelinge se aankoms was op  3 Februarie 1488. Bartolomeu Dias was aangestel deur die Koning John II van Portugal, om ‘n handelsroute te vind na India.

Mosselbaai se vroeë inwoners word egter terug gedateer tot 164,000 jaar volgens bevindings van argeologie.

Bartolomeu Dias het ‘n fontein gevind om hulle water voorraad mee aan te vul. Hulle was ongelukkig deur die inboorlinge met klippe gestook en het so gou moontlik terug gehardloop na hulle skepe toe. Dias het Mosselbaai die ‘Bay of Cowherds’ genoem.

Dias het om die Suidelike Kaappunt gereis voordat hy by Mosselbaai geland het. Hulle roete van Portugal was langs die Weskus af. Dias het die Suidpunt die naam ‘Cape of Storms’ gegee. Die koning het die naam verander na ‘Cape of Good Hope’.

Vasco da Gama se aankoms was in 1497.  Hy het suksesvol handel gedryf met die Khoe mense.

Die eerste besigheids skikking tussen Europese mense en inboorlinge was in Mosselbaai.

Die koerspeiler, Pedro d’ Ataide van Portugal, het die meeste van sy vloot verloor in ‘n hewige storm en het in 1501 in Mosselbaai gestrand. Hy het ‘n skriftelike brief in ‘n ou skoen gesit en van ‘n melkhoutboom gehang naby Dias se fontein. Die brief was gevind deur João da Nova en die melkhoutboom het die poskantoor geword. Vandag is daar ‘n posbus in die vorm van ‘n skoen.

Die eerste christelike kerkdienste is ook in Mosselbaai gehou by die melkhoutboom deur João da Nova en so het die christelike godsdiens ook te lande gekom.

Mosselbaai is so benoem deur die Hollandse skip handelaars. Die mossels en oesters op die strand was ‘n welkome gesig na die hongerly op die skepe en see. Met die Hollandse nedersetting is Mosselbaai gebruik as ‘n hawe vir die Suid-Kaap en Klein Karoo.

Mosselbaai is 400km van Kaapstad af en 400km van Port Elizabeth af.

Alle lewende mense vandag kom van ‘n populasie van 600 individuele op Afrika 100 000 tot 200 000 jaar gelede. Die bevinding is gedoen gedurende argeologiese ontdekkings in die Pinnacle Point Caves. Dit is hier, in Mosselbaai, waar die eerste moderne man begin het.

Die groot aantrekkingskrag van Mosselbaai is die droë warm klimaat, die strande en die warm Indiese Oseaan. Dis ‘n uitmuntende dorp vir ‘n strand vakansie.

 

About School Union Press

School Union Press is a community based news hub that keeps parents in touch with the everyday happenings and activities at their children’s schools

Follow: Twitter | Facebook Copyright © 2015 School union Press – SUP. All rights reserved.