Die Knysna Oesterfees 3 tot 12 Julie 2015

Posted by
|

Knysna is ‘n ouderwetse dorpie met ‘n baie groot hart.

Die olifante voel tuis om te woon in die Knysna woud en die walvisse voel welkom genoeg om elke jaar te kom kuier.

Die twee bergtoppe by die Knysna strandmeer bied ‘n panoramiese uitsig oor die walvisse aan.

Die Knysna Oesterfees vind plaas gedurende die skoolvakansie van die derde tot die twaalfde Julie 2015.  Dit is twee naweke van pret vir die hele gesin plus spesiale aktiwiteite vir die kinders se plesier.

‘n Bietjie geskiedenis

Die eerste nedersetters van Europa was in die jaar van 1760.  Melkhoutkraal was van die eerste plase op die Knysna strandmeer.

George Rex het die Melkhoutkraal en Welbedacht plase gekoop en ook grond geskenk aan die regering. Die Britse vloot het die eerste dorp met die naam van Melville gebou.

Die eerste skip, Emu, wat by die Knysna strandmeer ingeseil het was gekelder deur ‘n groot rots wat vandag Emu se rots genoem word. Om te verhoed dat die skip sink moes hulle strand. Die tweede skip Podargus het veiling by die Knysna strandmeer ingeseil.

Die Engelse nedersetting het stadig gegroei.

Die Thesen familie van Norway was onderweg met ‘n seereis na New Zealand toe hulle aan wal gestap het by Knysna. Hulle het toe besluit om hulle te vestig in Knysna. Sodoende het hulle hul ervaring van handeldryf en seevaart na Knysna gebring. Die uitvoer van hout van die Knysna woud na Kaapstad was opgebou en dus was ‘n skeepsbouwerf benodig asook ‘n saagmeul.

In 1878 is ‘n goudklont gevind in die Karatara rivier.  Dit was die eerste goudkoors trek in Suid-Afrika. Die goudmynbou het baie gou in duie gestort, want daar was nie genoeg goud om ‘n volwaardige goud nywerheid mee op te bou nie.

Die hout nywerheid is egter steeds bedrywig tot vandag toe.

In 1880 was die nuwe distrik munisipaliteit ‘The Knysna’ verklaar. Knysna met sy woudbos van geharde bome is ‘n groot aantrekkingskrag en die area bly groen die hele jaar. Knysna is ‘n ongelooflike en uitsonderlike area.

Foto’s van Knysna op poskaarte lyk altyd soos ‘n stukkie van Europa hier in Suid-Afrika.

 

 

 

 

 

 

About School Union Press

School Union Press is a community based news hub that keeps parents in touch with the everyday happenings and activities at their children’s schools

Follow: Twitter | Facebook Copyright © 2015 School union Press – SUP. All rights reserved.