Stilbaai: Pofadder wors en Galjoen Derbys

Posted by
|

Stilbaai: Pofadder wors en Galjoen Derbys

Die dorp Stilbaai, is op die see-arm van die Goukou rivier wat die warm Indiese see ontmoet. Stilbaai word ook The Bay of Sleeping Beauty,genoem na die berg,The Sleeping Beauty. Stilbaai is wonderlik, daar is die see, ‘n rivier en berge. Op so ‘n mooi plek is daar natuurlik ook baie natuur reservate.

Die stamvaders van die Khoi nasie het ook gedink dat Stilbaai ‘n baie oulike plek is. Daar is bewyse van hulle vis-strikke ontdek en ook ‘n skulpie landbank wat terug dateer tot 1000 jaar voor Christus.

Ek was bekend gestel aan Pofadder wors in Stilbaai. Ons het vir “ietsie anders” gesoek om te braai. Die winkel assistent het Pofadder wors voorgestel.

Wat is in Pofadder wors?

Die storie van Pofadder wors in Suid-Afrika het begin met Jan van Riebeeck. Van Riebeeck en sy gevolg het die vleis geregte wat hulle in Europa geken het ook in die Kaap voorberei. Met die vleis skaarste met die stigting van ‘n Kompanjie verversings pos het derms deel van die kos kultuur gevorm.

In Holland is varkvet en botter gebruik, maar die Kaapse Kombuise het skaapvet gebruik.

Hollandse rolpens was berei deur die pens van ‘n dier te stop met vetvleis en rys wat gegeur was met salie, neut en naeltjies. Die pens is soms in kleiner stukke gesny en verwerk tot kleiner sakkies voordat dit gestop is.

Die Franse het ook die dikderm gestop. Die Franse tradisie was varkvleis en spek met geen rys. Nadat die dikderm klaar gekook was, is dit gesmeer met botter en gerooster.

In die tweede eeu is geskryf oor ‘n spesialiteit in al die winkels in Alexandrie. Worse wat gemaak is van afval.  Die romein Apicius het derms met harsings of lewer gestop en op die kole gebraai.

Vandag noem ons dit Pofadder wors. Hoekom Pofadder wors? Dit het seker vir ‘n kind na ‘n Pofadder gelyk.  Die hoof bestandeel in enige Pofadder wors resep is lewer.  Meestal skaap lewer maar vark lewer ook. Pofadder wors word gebraai oor ‘n lae hitte of gebak in die oond teen 150 Celsius.

Die Stilbaai Galjoen Derby

Wanneer: 7 – 8 Augustus 2015

Die Stilbaai Hengelklub bied nou al vir 24 jaar die Galjoen Derby aan. Dit is die grootste rots- en strand-hengel kompetisie in die Wes-Kaap.

Die Galjoen is Suid- Afrika se nasionale vis. Die vis is baie belangrik vir die kommersiële vis bedryf en ook populêr as ‘n wildsvis.

Daar is vet pryse op die spel.

 

Universiteit Pretoria (H.W. Claasens 2005)

Wikipedia.org

About School Union Press

School Union Press is a community based news hub that keeps parents in touch with the everyday happenings and activities at their children’s schools

Follow: Twitter | Facebook Copyright © 2015 School union Press – SUP. All rights reserved.