Albertinia – Die Lekker Plaaslewe

Posted by
|

Albertinia is op die N2 tussen al die “lekka” plekke en op pad na al die “lekka” plekke.

Van Stilbaai met Pofadder wors en Galjoen Derbys. Tot Mosselbaai met 4×4 roetes in die Outeniqua Natuurreservaat. Asook Boggomsbaaistrand vir swem en hengel.

Albertinia is 50 km wes van Mosselbaai.

Albertinia is afhanklik van die boere gemeenskap en is ook ‘n bekostigbare aftree oord. Boerdery speel ‘n baie belangrike rol met die kweek van koring, hawer sowel as suiwelboerdery en skaapboerdery.

Die inwoners is van 4500 tot 5000 mense. Die meeste aktiviteite oor naweke is gholf speel, rugby, sokker en perdry.

Albertinia was ook gestig deur die Nederduitse Gereformeerde kerk soos met die meeste dorpe in Suid Afrika. Dit was gebou in 1900 op die plaas Grootfontein en was ‘n werkende munisipaliteit by 1920. Die dorp is Albertinia genoem na die naam van Johannes Rudolph Albertyn (1847-1920), die eerste dominee om die gemeenskap the bedien.

‘n Diamant

In 1908 was ‘n baie groot diamant ontdek by Aasvoëlberg, maar geen ander ontdekkings is aangeteken nie. Die dorp het bekend geraak vir oker (rooi en geel) and kaolien myne ( porseleinaarde) en is ook die middlepunt van die Aalwyn produkte nywerheid.

Oker

Die mynwerk van rooi en geel oker is begin in 1925 deur W.R. van As, maar die oker neerslae is al so ver terug as 1797 deur Sir John Barrow aangeteken. Vandag is Albertinia die hoof bron van oker in Suid Afrika. Die uitvoer is wereld wyd. Die natuurlike aardskleur word gebruik in die vervaardiging van verf. Ook om linoleum en sement te kleur.

Riete en Aalwyne

Die meeste van die materiaal vir die land se strooidakke (Poaceae, spesifiek Thammocortis insignus en Restionaceae) kom van die Albertinia distrik. Plantegroei is groenblywende bosse en struike asook skraal grasveld, met sekere areas fynbos and protea, en met ‘n rykdom van Aloe ferox.

Aloe ferox is vandag die grootste uitvoer produk van die area. Die blare word versamel tydens winter en die bitter-proe sap word gedreineer en dan gekook todat ‘n konsentrasie produk vorm. Die distrk is een van twee hoof bronne van aalwyn sap konsentrasie. Die enigste ander gebied is die Wes Indies. Die sap van die Aloe ferox is ‘n belangrike bestandeel van verskeie mediese produkte. Baie van hierdie produkte word in Albertinia vervaardig.

 

Courtesy Southerncape.co.za
Courtesy Wikipedia.org

About School Union Press

School Union Press is a community based news hub that keeps parents in touch with the everyday happenings and activities at their children’s schools

Follow: Twitter | Facebook Copyright © 2015 School union Press – SUP. All rights reserved.